|
Die Bybel as Gids
1. Wie is die mense verantwoordelik vir hierdie
artikel?
Ons is deel van ’n klein groepie
mense oor die węreld heen versprei wat die Bybel as ons enigste maatstaf neem. Nadat ons dit oor ’n aansienlike tyd bestudeer het, en veral hoofstukke wat na ons toekoms
verwys bepeins het, het ons besef dat ons dit wat ons geleer het met u moet
deel. Hierdie kennis is van sulke belang dat ons gewillig is om swaarkry en
opoffering te verduur, en ja, die lewe self op te offer, om dit aan u
beskikbaar te stel. Sterk magte werk hard om hierdie inligting te vernietig.
2. Waarom beskou u die Bybel met soveel erns?
Aanvanklik het ons nie die Bybel so
ernstig opgeneem nie – totdat ons met verbasing ontdek het hoe akkuraat dit is.
So akkuraat, dat selfs voorspellings wat duisende jare voorheen gemaak is, op
die presiese dag wat voorspel is, na die presiese letter plaasgevind het. Dit
het ons gedwing om tot die gevolgtrekking te kom dat daar ’n alwetende God agter die Bybel is, ’n God wat nie deur tyd gebind is nie, en wat die einde van die begin af al
ken.
Ons het ook geleer dat ons
Skepper ons so liefhet, dat Hy vir ons ’n plek in die hemel voorberei het. Aangesien
ons egter besmet is met die sondesiekte en tans ongeskik is om
met God in die hemel te woon, het God ’n geneesmiddel vir die sondesiekte voorberei.
Ons sou nie die Bybel so ernstig
opgeneem het as God nie sulke absolute beheer oor, en kennis van, die toekoms
aan ons openbaar het nie. Hierdie meesterskap word op sy duidelikste in twee
boeke onthul: Daniël in die Ou Testament en Openbaring in die
Nuwe Testament.
Vervulde Bybelse Profesieë.
3. Gee ’n voorbeeld van ’n vervulde profesie in
die Bybel.
In die boek Daniël, hoofstuk 2,
beskryf God in ’n droom aan die Babiloniese koning hoe daar van sy tyd tot aan
die einde van alle tyd, die węreld getuie sou wees van slegs vier węreldryke.
Die geskiedenis het bewys dat dit wat God vooraf beskik het, wel gebeur
het. Die vier ryke was Babilon
(605 vC-538 vC), Mede-Persië (538 vC-331 vC), Griekeland (331
vC-168 vC) en Rome (168 vC-476 nC). Verder het hy onthul dat Rome in
tien gebiede verdeel sou word en dat in die tydvak van die bestaan van hierdie
gebiede, die einde sou aanbreek. Die geskiedenis het die akkuraatheid van God
se woord gestaaf. Teen 476 nC was Rome
in tien nasies verdeel waaruit die huidige Europa gegroei het.
Tesame hiermee het God die unieke
kenmerke van elke ryk openbaar, soos die manier waarop hulle magtig sou word en
tot ’n val sou kom, en die hoofeienskap van elkeen se regering. Sien Daniël 7 en 8. Daar is genoeg besonderhede om ’n opregte
geskiedenis- en Bybelstudent te oortuig dat daar ’n God in die hemel is wat oor
die węreld heerskappy voer. 
4. Wat is die doel van die Bybelse profesieë?
Die doel van profesie is om ons teen
toekomstige krisisse te waarsku. So het God byvoorbeeld vir Noag oor die
komende vloed gewaarsku, asook vir Abraham en Lot oor die verwoesting van die
stede van Sodom en Gemorra, en het Hy Moses
van die plae van Egipte vertel.
Hulle almal moes die waarskuwing gelowig eerbiedig. Hierdie
gebeurtenisse is opgeteken om ons te leer dat wat ookal God voorspel het,
presies sal gebeur soos Hy dit gesę het.
Daarom kan ons dit nie bekostig om enige van sy huidige onvervulde
profesieë te ignoreer nie omdat hulle as
waarskuwings dien wat, as ons gehoorsaam is, ons teen krisisse sal beskerm.
Bybelse profesieë dien dus ’n dubbele
doel – om die bestaan van God wat in beheer is oor alle gebeurtenisse op ons
bewussyn af te druk, en om ons teen ’n uiters ernstige situasie te waarsku.
’n Aller-Verskriklike en Ernstige Waarskuwing
5. Bevat die Bybel ’n profetiese waarskuwing wat
nog vervul moet word?
Ja, beslis: die ernstigste profetiese
waarskuwing moet nog vervul word. Vandag
is daar niks belangriker vir ons om te verstaan as hierdie profesie nie, want
gebeurtenisse wat kort op mekaar volg, dui op die vervulling daarvan.
6. Deel met my die ernstigste
profetiese waarskuwing wat binnekort vervul sal word.
“'n Derde engel het agter
die eerste twee aan gevlieg en hard uitgeroep: ‘Wie die dier en sy beeld aanbid
en 'n merk op sy voorkop of op sy hand aanvaar, sal van die wyn van God se
toorn moet drink. Dit word onverdun in die beker van sy oordeel ingeskink. In
die teenwoordigheid van die heilige engele en die Lam sal hy met vuur en swael
gepynig word. Die rook van hierdie pyniging styg tot in alle ewigheid op, en
hierdie mense het dag en nag geen rus nie, hulle wat die dier en sy beeld
aanbid, en die wat die merk van sy naam aanvaar.’ Hier het die
gelowiges volharding nodig, hulle wat die gebooie van God nakom en in Jesus bly
glo.” Openbaring
14: 9 – 12.
Hierdie skrikwekkende waarskuwing
beskryf twee groepe mense. Die eerste groep word teen die aanbidding van die dier en sy beeld
gewaarsku, wat veroorsaak dat hulle die brandmerk van die dier ontvang; terwyl
die tweede groep, wat die gebooie van God handhaaf, positief beskou word. Die
beskrywing van die tweede koms van Christus volg verder direk op hierdie
waarskuwing. Daarom weet ons dat dit die laaste waarskuwing voor die tweede koms van Christus is.
7. Hoe kan ek keer dat ek die dier
en sy beeld aanbid en sy merk ontvang?
’n Goeie vraag. Om dit te beantwoord
moet ons die dier, die beeld van die dier en die merk van die dier identifiseer. Dit is
net logies om te aanvaar dat God ons nie sou waarsku oor sulke gevaarlike
wesens sonder om ons te help om hulle oortuigend uit te ken nie. Ons
liefdevolle God sou ons nie alleen laat om te raai terwyl ons ewige lot op die
spel is nie. Dit verbaas dus nie dat ons ’n beskrywing van die dier en sy beeld
in die vorige hoofstuk vind nie en dat baie sleutels gegee word om hulle
identiteit te ontsluit.
Die Dier
word geďdentifiseer
8. Hoe beskryf die Bybel hierdie dier?
“En ek het 'n dier uit
die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone
en op sy koppe 'n naam van godslastering.
2 En die dier wat ek gesien het, was soos 'n
luiperd, en sy pote soos die van 'n beer, en sy bek soos die bek van 'n leeu;
en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. 3 En ek het een van sy
koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En
die hele węreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. 4 En hulle het die draak
aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesę: Wie is aan die
dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?
5 En 'n mond is aan hom
gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om
dit twee en veertig maande lank te doen.
6 En hy het sy mond
oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die
hemel woon, te laster. 7
Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges
en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie. 8
En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se
name nie van die grondlegging van die węreld af in die boek van die lewe van
die Lam wat geslag is, geskrywe is nie… 16
En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die
armes, en die vrymense en die slawe 'n merk op hulle regterhand en op hulle
voorhoofde gegee word; 17
sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die
merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. 18 Hier kom die wysheid te
pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is
die getal van 'n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig..” Openbaring
13: 1 – 8, 16 – 18.
9. Die bogenoemde aanhaling is vol
simbole. Hoe kan ek hulle verstaan?
Ons moet die Bybel toelaat om sy eie
simbole te interpreteer. Ons sou verwag dat God die betekenis van hierdie
Bybelse simbole tot ons voordeel openbaar. Ons moet dus pligsgetrou wees om
deur ons studie die interpretasie van hierdie simbole in die Bybel te vind. So
sal ons alle menslike gissing en bespiegeling vermy.
Die Bybel veroordeel eintlik
menslike gissing en bespiegeling omdat “geen profesie
van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie” 2 Petrus
1: 20. Die Bybel definďeer sy eie
simbole. Die boek Openbaring bevat
byvoorbeeld 404 verse. Van hierdie 404
verse kan 278 byna woord vir woord in ander boeke van die Bybel gevind word,
waar hulle betekenis dan ook uiteengesit word.
Derhalwe moedig ons u aan om te
maak soos die mense van Berea in die Bybel (sien Handelinge 17: 10, 11) gemaak
het – deur elke leerstelling aan die toets van die Skrif te onderwerp. Dit is
tog so dat die een wat die Bybel biddend bestudeer, en wat die waarheid begeer,
die Skrif sal verstaan. “As iemand gewillig is om Sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet
of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek.” Johannes 7: 17.
10. Watter simbole moet ons probeer
ontsluit om die dier en sy merk uit te ken?
Daar is baie simbole vir die dier;
nietemin voldoen ons met dié wat nodig is om die dier te identifiseer. Hierdie
simbole is “dier”, “draak”, “see”, “twee-en-veertig maande” en “godslastering”.
Dier: In Bybelse profesie is die dier ’n simbool
van ’n koning of koninkryk. “Hierdie groot diere wat vier is – vier konings sal uit die aarde opstaan
... Die vierde dier – die vierde koninkryk
sal op die aarde wees...” Daniël 7: 17, 23. Met hierdie dier bestudeer ons ’n unieke
koninkryk, want dit is nie net ’n politieke mag nie, maar ook ’n godsdienstige
een, want mense het “die dier aanbid”. Openbaring
13: 4
Draak: Volgens die Bybel is die draak ’n ander naam
vir Satan, die vader van leuens en bedrog, “die groot draak ... wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele węreld verlei”.
Dit sou beteken dat toe Satan “sy krag ... en sy
troon en groot mag” aan die dier gegee het, ons kan verwag dat die dier
hom op dieselfde bedrieglike, bose manier as Satan sal gedra. Dus sal ’n groot
mate van bedrog deel van die dier se
doen en late wees. Openbaring 12: 9, 13: 2.
See: In Bybelse profesieë is die see ’n simbool
van ’n menigte verskillende mense. “Die waters … is volke en menigtes en nasies en tale” Openbaring
17: 15. Hierdie unieke koninkryk of
owerheid het uit die see verrys, wat aandui dat dit uit ’n węreldgebied gekom
het wat dig met verskillende nasies bevolk was.
Twee-en-veertig
maande: Hierdie tydperk
is gelyk aan drie-en-’n-half jaar (42 gedeel deur 12 maande). Die Bybel is geskryf op die basis van die
Joodse kalender, waar elke Joodse jaar 360 dae is (30 dae vir elke maand). So,
drie-en-’n-half jaar en twee-en-veertig maande is albei gelyk aan 1260
dae. Die rede waarom ons die maande na
hulle ekwivalent in dae verander is dat toe God tydsprofesieë gegee het, Hy
dikwels ’n dag gelykgestel het aan ’n jaar: “Julle het
die land veertig dae lank verken. Julle sal veertig jaar, een jaar vir elke
dag, die gevolge van julle ongeregtigheid moet dra.” “Ek lę jou 'n dag op vir elke jaar.” Numeri
14: 34; Esegiël 4: 6.
Dus veronderstel die twee-en-veertig
profetiese maande ’n tydperk van 1260 jaar waarin die dier “'n mond ... wat groot woorde en godslasteringe uitspreek” gegee
is om “oorlog te
voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke
stam en taal en nasie” Openbaring 13: 5, 7.
Dit beteken dat die dier in hierdie tydperk sou laster teen God,
Christene sou vervolg, en groot gesag sou hę.
Godslastering: In die Bybel word godslastering op twee
maniere gedefinieer. Die eerste is
wanneer ’n persoon aanspraak daarop maak
dat hy God of Sy verteenwoordiger is. “Dis nie oor 'n goeie daad dat ons jou wil
stenig nie ... maar oor godslastering, omdat jy, wat 'n gewone mens is, jou
as God voordoen." Johannes
10: 33. Dus het die dier, hierdie
religieus-politiese mag en koninkryk, teen God gelaster deur voor te hou dat hy
in die plek van God op aarde is. Die tweede manier waarop godslastering gepleeg
word, is deur die skenking van kwytskelding (aanspraak maak op die vermoë om
die sondes van ander te vergewe). “Waarom sę hy so? Hy praat mos godslasterlik! Wie kan sondes
vergewe behalwe God alleen?" Markus 2: 7.
Die dier, hierdie religieus-politiese
mag en koninkryk, het God gelaster nie net deur Sy plek op aarde oor te neem
nie, maar ook deur aanspraak te maak op die reg op die toekenning van
absolusie. Geen wonder dat die dier die “naam van
godslastering” het nie, en dat hy “laster teen
God, om sy Naam ... te laster”;
dit is omdat die dier aanspraak maak op magte wat net God toekom. Openbaring
13: 1, 6.
Nege Sleutelmerke
Noudat ons die Bybel toegelaat het om
die betekenis van sy eie simbole te ontsluit, kan ons die nege
hoof-identifiserende merke van die dier in die kollig plaas om vas te stel
watter mag in die geskiedenis hierdie kenmerke verwesenlik. Hulle is nie die
enigste identifiseerders nie: daar is baie meer in die Bybel. Ons hoop dat
hierdie samestelling van identifiserende sleutels u sal lei om deur die Bybel
te soek om meer uit te vind.
1.
Die dier kombineer godsdienstige en politieke mag gelyktydig, “... hulle het ... die
dier aanbid...” Openbaring
13: 4.
2.
Die dier het sy mag verkry in ’n
digbevolkte gebied van die węreld, “... ek het 'n dier uit die see sien opkom” Openbaring 13: 1.
3.
Die dier het sy mag en gesag van Satan gekry; dus sou ons verwag dat sy
geskiedenis grootskaalse bedrog inhou, “... die draak het hom [die dier] sy krag gegee, en sy troon, en groot mag” Openbaring
13: 2.
4.
Die dier het 1260 jaar lank met absolute gesag meedoënloos regeer.
Hierdie tydperk moet ’n duidelike beginpunt hę en moet eindig met die “dodelike
wond”. “Aan hom
is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen.” “En ek het een van sy koppe gesien net of dit
dodelik gewond was.” “En aan hom is mag
gegee oor elke stam en taal en nasie” Openbaring 13: 5, 3, 7.
5.
Die dier het Christene gedurende die 1260 jaar vervolg. “Dit is ook aan hom
gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin” Openbaring 13:7.
6.
Die dier sal ten volle herstel van sy “dodelike wond” en die węreld sal
daaroor verwonderd wees, “en sy dodelike wond is
genees. En die hele węreld het verwonderd agter die dier aan gegaan” Openbaring 13:3.
7.
Die dier het ’n geheimsinnige 666 wat sy stand en naam identifiseer. “Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier
bereken, want dit is die getal van 'n mens; en sy getal is ses honderd ses en
sestig.” Openbaring 13:18.
8.
Die dier laster deur daarop aanspraak te maak dat hy God is en ook deur kwytskeldings (die
mag om die sondes van andere te vergewe) toe te ken.
9. Die dier het
ander godslasterlike bewerings gemaak, en dinge gedoen wat net God se
eksklusiewe prerogatief is. “En 'n mond is aan hom gegee wat groot woorde
en godslasteringe uitspreek” Openbaring 13:5.
Geagte leser, watter mag in die geskiedenis voldoen aan al die
identifiserende merke? In alle eerlikheid ,
daar is net een antwoord: Die
Rooms-Katolieke Kerk. Die
Rooms-Katolieke Kerk is die dier waarteen
God, in sy liefde, ons waarsku. Dit
is nie die doel van hierdie artikel om Rooms-Katolieke aan te val nie, maar
eerder om die waarheid bloot te lę omtrent die Katolieke stelsel. Niemand hoef
hierdeur beledig te voel nie, maar behoort eerder aangemoedig te voel om vir feite en bevestiging te soek.
11. Staaf
asseblief hierdie gevolgtrekking met geskiedkundige bewyse en feite.
Kom ons neem elke identifiseerder om
te sien hoe die geskiedenis uitsluitlik op die Rooms-Katolieke Kerk betrekking
het.
1. Die
Rooms-Katolieke Kerk kombineer gelyktydig godsdientige en politieke mag.
Sint Johannes het hierdie kombinasie
gesien in ’n profetiese visioen wat betrekking het op die vierde en finale
koninkryk van die węreld, en beskryf dit as “’n vrou … wat op ’n helderrooi dier sit” Openbaring 17:3.
In die Bybel is ’n vrou ’n simbool
van ’n kerk:
“… soos ’n vrou
wat ontrou is aan haar man, so was julle, Israel,
ontrou aan My, sę die HERE. “... want ek
het julle aan een man verbind, om
julle as ’n reine maagd aan Christus
voor te stel.” Jeremia 3:20; 2
Korintiërs 11:2.
Hierbenewens is dit ’n
aanvaarde feit in profesieë dat ’n dier ’n nasie is. Selfs in ons huidige
węreld word nasies as diere versimboliseer. Die VSA word gesien as ’n arend,
Rusland word vergelyk met ’n beer, en Sjina dra die beeld van ’n draak.
Baie jare gelede het God
aan Daniël al die węreldryke tot aan die einde van alle tye onthul. In ’n gesig
het Daniël gesien dat die laaste dier “anders was as al die
ander” Daniel 7:19. Maar hoe sou dit “anders” wees? Volgens Openbaring
17:3, soos hierbo aangedui, sal hierdie dier (nasie) ’n vrou (kerk) as
heerser hę.
Is daar vandag ’n kerk en
staat wat as een globale, erkende mag saamwerk? Die enigste entiteit in die
węreld wat dit verrig het, is die Rooms-Katolieke Kerk.
Die Rooms-Katolieke pous
is absolute godsdienstige leier van oor die biljoen volgelinge węreldwyd.
“Die Romeinse Pous, as die
opvolger van Petrus, is die ewigdurende en sigbare bron en grondslag van die
eenheid van beide die biskoppe en die hele gemeenskap van gelowiges.” Vatikaanse
Raad II (1962 – 65)
“Elke geestelike moet aan
die Pous gehoorsaam wees, selfs al beveel hy die kwade; want niemand mag die
Pous oordeel nie.” Pous Innocentius III (1198 – 1216)
Terselfdertyd is die pous
koning oor die onafhanklike nasie, die Vatikaanstad. Die Vatikaan is ’n
afsonderlike soewereine nasie, alhoewel dit binne Italië geleë is. Derhalwe is
die pousdom ’n unieke mag wat beide godsdienstige en burgerlike mag kombineer.
2. Die Roomse-Katolieke Kerk het sy mag bekom in
’n dig bevolkte węrelddeel:
Dit is ’n perfekte illustrasie van
die groei van die Roomse-Katolieke-Kerk onder die verskeie magte en nasies van
Europa.
3. Die geskiedenis van die Roomse-Katolieke Kerk
is vol bedrog:
Ingeligte Katolieke bevestig geredelik
dat vervalsings ’n lewenswyse van die pouse was en is. Hans Kung, ’n Katolieke priester en teoloog
wat konsultant was vir die Tweede Vatikaanse Raad (1962 – 1965) het vermeld dat
die pouse reeds so vroeg as die vyfde eeu “hulle mag
verbreed het met uitdruklike vervalsings”. The
Catholic Church: A Short History (vertaal deur John Bowden), bl. 61
Een van die beste voorbeelde is die
dokument Donation of Constantine,
gedateer 30 Maart 315 nC, wat deur die Katolieke Kerk vervals is om sy mag en gesag uit te brei. Deur middel van hierdie
vervalste dokument het Pous Stefanus III vir Pepyn, koning van die Franke,
oortuig dat die gebiede van die Lombarde deur Konstantyn aan die
Rooms-Katolieke Kerk gegee is. Dit het
daartoe gelei dat Pepyn teen die Lombarde geveg het en die stede vir die pous
verower het. In 1440 het Lorenzo Valla,
’n pouslike adjudant, bewys dat hierdie
dokument vervals is; nietemin het pous op pous nooit hierdie vervalsing
erken nie. Tot vandag toe is daar ’n inskripsie in die baptiserie van St
Johannes (Lateraan) in Rome wat hierdie
vervalste dokument verewig.
Die Pous se wekroep
om ’n nuwe węreldorde:
“VATIKAANSTAD (AP) – Pous Johannes Paulus II het Donderdag
die Nuwejaar ingelui met ’n hernude wekroep vir die skepping van ’n nuwe węreldorde gebaseer op respek vir die
waardigheid van die mens en gelykheid onder nasies.” Donderdag
1 Januarie 2004, gepos 9.21 v.m. OST (1421 GGT)
“Die groot oorkoepelende
eienskap van die hele stelsel van die Antichris – die Nuwe Węreldorde – is blatante bedrog. Nuwe Węreldorde skrywers spog as ’t ware
openlik oor hulle beplande bedrieërye,
omdat hulle op arrogante wyse glo dat
die meerderheid van die węreld se bevolking te dom en te lui is om te weet wat
die beste vir hulle is. Net die
beplanners van die Nuwe Węreldorde weet wat die beste vir die węreld is, en
hulle het vasgestel dat hulle hul doelstellings slegs deur die opsetlike misleiding van die arm massas
sal bereik.” Bill Cooper, “Behold a Pale Horse” bl. 49
4. Die Rooms-Katolieke Kerk het 1260 jaar lank
meedoënloos die heerskappy gevoer oor ander nasies. Hierdie tydperk het ’n duidelike beginpunt,
en ’n ‘dodelike wond’ aan sy einde:
Die Rooms-Katolieke Kerk het sy
dodelike wond in 1798 ontvang toe Pous Pius VI op las van Napoleon in Frankryk
in hegtenis geneem is.
“In 1798 het Generaal Berthier Rome oorgeneem, die pouslike regering afgeskaf, en ’n sekulęre regering gevestig.” Encyclopedia Britannica, 1941 uitgawe
Met die vasstel van die
vervullingsjaar van die profesie as 1798 kan ons 1260 jaar terugwerk, wat ons
by 538 nC uitbring. As die pousdom
hierdie identifiserende datum gaan staaf, moes daar dus ’n belangrike
gebeurtenis in 538 nC plaasgevind het om die 1260 jaar tydperk in te lui.
Geskiedkundige getuienis dui daarop
dat die Romeinse Keiser Justinianus in 533 nC die pous se kerklike oppermag as
‘hoof’ van alle kerke in beide die ooste en die weste van die Romeinse Ryk
erken het. Dit was egter eers teen 538
nC, toe die pousdom effektief bevry is van sy laaste Ariese opponente, die
Ostrogote (wat op daardie stadium oor Italië geheers het), dat die pous na vore
gekom het as die leidende figuur in die Weste. Derhalwe was dit in 538 nC dat
alles in posisie was vir die geleidelike, maar sekere opkoms van die pousdom.
“Vigilius ... het (in 538 nC) die pouslike troon onder
die militęre beskerming van Belisarius
bestyg.” History of the Christian Church,
Vol. 3, bl. 327
Namate die pousdom magtiger geword
het, het hy nie alleenlik sy volgelinge onderwerp nie, maar ook die heersers en
konings van Europa. As deel hiervan het
die pouse verskeie pouslike bulle uitgereik om hulle gesag oor die konings van
Europa te versterk:
“Dit is die taak en plig
van die pousdom om konings en keisers te
vertrap.” J. H. Ignaz Dollinger, The Pope and the Council, (Londen), bl. 35
“Vrees, dan, ons toorn en
die donder van ons wraak; want Jesus Christus het ons [die pouse] uit sy eie
mond aangestel as absolute regters oor
alle mense; en konings self is aan ons gesag onderworpe.” Pous
Nikolaas I (858 – 867 nC)
In die pouslike bul van Pous
Gregorius XI, gedateer 1372 nC en getiteld In
Coena Domini, het die pous pouslike heerskappy oor die hele Christelke
węreld, sekulęr sowel as godsdienstig, toegeëien, en het hy ook almal
geëkskommunikeer wat nagelaat het om die pouse te gehoorsaam en aan hulle
belastings te betaal. Hierdie pouslike bul is deur daaropvolgende pouse
bevestig, en in 1568 nC het Pous Pius V beloof dat dit ’n ewige wet sou bly.
’n Praktise demonstrasie van
bogenoemde is die manier waarop Pous Gregorius VII in 1077 nC die Duitse keiser
Koning Hendrik IV behandel het. Toe dit lyk
asof die koning die pous se gesag verontagsaam, het die pous hom in die ban
gedoen en onttroon. Hendrik het besluit om vrede te maak, en het die Alpe
in die diepte van die winter oorgesteek om homself voor die pous te
verootmoedig. Toe hy die pouslike kasteel bereik, is Hendrik gedwing om
kaalvoet, met ontblote hoof en armoedig geklee, in die buitehof te wag vir
toestemming om die pous te sien. Eers na drie dae van vas en bieg is hy deur
die pous kwytgeskeld.
Vandag word hierdie aanspraak op
oppermag oor leiers van die węreld steeds deur die pousdom volgehou:
“Die Pousdom van Rome word
deur niemand beoordeel nie. Die Romeinse Pous alleen het die reg om te oordeel
oor ... diegene wat die hoogste burgerlike amp in ’n staat beklee... Daar is nóg appčlreg nóg enige toevlug teen
’n beslissing of dekreet van die Romeinse Pous.” The Code
of Canon Law (Paulist Drukkers, 1985), bladsye 951, 271
Die Roomse-Katolieke
Kerk het Christene gedurende die tydperk van 1260 jaar lank vervolg:
Gedurende hierdie tydperk in die
geskiedenis (ook bekend as die Middeleeue), het die Rooms-Katolieke Kerk die
septer geswaai oor Europa, en elke burger is verplig om Rooms-Katoliek te wees.
Enigiets minder as volslae onderdanigheid aan die pous kon met foltering of die
dood gestraf word. As gevolg hiervan het
die Rooms-Katolieke stelsel een van die vervolglustigste godsdienste geword wat
die węreld ooit geken het, volgens Vicars
of Christ: the Dark Side of the Papacy, deur Peter de Rosa, bl. 180
“Die geskiedenis vermeld
die martelaarskap van meer as eenhonderd-miljoen mense
omdat hul geloof teenstrydig met die Roomse Kerk was.” Brief
Bible Studies, bl. 16
“Ons moet die Inkwisisie ... as onder die donkerste vlekke op die geskiedenis van die
mensdom reken.” Will Durant,
The Story of Civilisation, vol.
4, bl. 78
“Dat die Kerk van Rome meer onskuldige bloed verspil het as
enige ander instelling wat ooit bestaan het, sal geen Protestant met ’n
volledige kennis van die geskiedenis betwyfel nie. Dit is onmoontlik om ’n
volle begrip van die enorme getalle van sy slagoffers te vorm, en daar is
hoegenaamd geen verbeeldingskrag wat hulle lyding voldoende kan besef nie.” W. E.
H. Lecky, History
of the Rise and Influence of the Spirit of Rationalism in Europe, vol. 2:32,
1910-uitgawe
In die Katolieke Ensiklopedie, Vol.
12, bl. 266, sal die leser ’n lang artikel vind wat die gesag van die
Rooms-Katolieke Kerk beskryf wat betref die straf van ‘ketters’, wie se enigste
misdaad was dat hulle getroue Bybelgelowige Christene was.
6. Die Rooms-Katolieke Kerk wil ten volle
herstel van sy ‘dodelike wond’, en die ganse węreld sal verwonderd wees:
Toe Pous Pius VI in 1799 in
gevangenis in Frankryk gesterf het, het die węreld verwag dat die
Rooms-Katolieke Kerk tot ’n einde sou kom. God het egter vir ons sowat 2000
jaar gelede vertel dat die dier van sy dodelike wond sou herstel. Die New York Times het soos volg verslag
gedoen van die herstel van die dier, die pousdom:
“DODELIKE WOND GENEES: Rome, 7
Julie. – Vanaf elfuur vanoggend bestaan daar nog ’n soewereine onafhanklike
Staat in die węreld. Op daardie oomblik het Premier Mussolini ... bekragtigings
van die verdrae wat in die Lateraanse Paleis op 11 Februarie geteken is, met
Kardinaal Gasparri, Pouslike Staatsekretaris, geruil. Deur hierdie eenvoudige daad het die soewereine onafhanklike Staat van
die Vatikaanstad tot stand gekom.” New
York Times, 7 Julie 1929
Die San Francisco Chronicle het die ‘herstel’ van die pousdom sooos
volg berig:
“Mussolini en Gasparri
(Kardinaal) Teken Geskiedkundige Ooreenkoms ... Genees Wond van Baie Jare.”
San Francisco
Chronicle, 7 Julie 1929
‘Wonder’
die węreld vandag oor die pousdom, soos die Bybel
voorspel het?
“Die beste manier om Pous Johannes Paulus II, waarlik een van
die grootste mense, te vereer, is om sy
leer ernstig op te neem, om
te luister na sy woorde, en om sy woorde en leer hier in Amerika in dade te
omskep. Dit is ’n uitdaging wat ons moet aanvaar.” President George W. Bush, 21
Maart 2001
“Pous Johannes Paulus
II is een van die grootste morele en
geestelike leiers van hierdie eeu.” Billy Graham in die ‘Saturday Evening Post’, Jan.-Feb. 1980
“Ek bewonder Pous Johannes XXIII geweldig. Ek voel hy het ’n nuwe era vir die węreld
gebring.” Billy Graham, Chicago
Tribune, 8 Junie 1963
“Pous Johannes Paulus II vier die mis in Spaans in die ope
lug vir oor die miljoen mense in Meksikostad.”
New York Times, 25 Jan. 1999
“Toe die Heilige Vader Woensdagaand met Vise-president Gore
oor die aanloopbaan stap ... om aan boord ‘Shepherd
I’ te klim en na Rome terug te keer, het mense gehuil, met sakdoeke gewuif
en hom toegejuig met ‘Johannes Paulus
II, ons het u lief!’ ... Dit was ’n kortstondige maar baie aandoenlike en
kragtige besoek van die Pous aan St. Louis.” 28 Jan. 1999 (EWT Nuus)
“Paulus VI, tesame met Johannes XXIII en Johannes Paulus II,
sal ongetwyfeld onthou word as die drie groot
Vredespouse, pioniers in ’n belangrike oomblik van die oorgang van die
Katolieke Kerk na die Nuwe Era.” Robert
Muller, voormalige VN Assistent-Sekretarisgeneraal
7. Die Rooms-Katolieke
Kerk het die geheimsinnige nommer 666:
Die
amptelike titel van die pous is “Vicarius
Filii Dei”, dit wil sę “Verteenwoordiger
van die Seun van God”. Ter bevestiging het die Katolieke koerant Our Sunday Visitor op 18 April 1915
geskryf: “Die gegraveerde letters op die pous se
Biskopshoed lui: ‘Vicarius Filii Dei’.” Aangesien sekere letters in Latyn numeriese
waardes het, hoef ons hulle net bymekaar te tel om 666 te kry. 
8. Die Rooms-Katolieke
Kerk pleeg godslastering deur aanspraak te maak daarop dat hy God is en
kwytskeldings skenk:
“Ons beslaan op
hierdie aarde die plek van Almagtige God.”
Pous Leo XIII, in ’n Ensikliese brief
gedateer 20 Junie 1894
“Die Pous is nie
net die verteenwoordiger van Jesus Christus nie; hy is Jesus Christus, bedek onder ’n vleeslike mantel.” The Catholic National, Julie 1895
“Maar die oppermagtigste leraar in die Kerk is die Romeinse
Pous ... [wat] algehele onderwerping
en wilsgehoorsaamheid vereis ... soos
dié aan God Self verskuldig.” Pous
Leo XIII, The Great Encyclical Letters, bl. 193
“Dit blyk dat Pous
Johannes Paulus II nou die universiële Kerk leiding gee vanaf sy plek op
die kruis van Christus.” Uit ’n
artikel getiteld “Auckland Bishop Says Pope Presides From the Cross”
AUCKLAND, Nieu Seeland, 20 Sept. 2004, Zenit.org
“Dit is inderwaarheid nie oordrewe nie om te sę dat as gevolg
van die verhewenheid van hulle taak die priesters
soveel gode is.” Pous
Innocentius III
Die
Rooms-Katolieke Kerk het ’n ontsaglike ‘mark’ op aarde geskep, met geen
mededingers nie, vir ’n unieke soort koopware waarvoor daar ’n onversadigbare
aanvraag was. Hy het aanspraak gemaak op die reg om God se genade, Sy vrye daad
van vergifnis, aan sondaars te verkoop.
Tot vandag toe handhaaf hierdie godslasterlike magsinstansie die reg en
die mag om sondes te vergewe.
“Hierdie wetlike gesag sal
selfs die mag om sonde te vergewe insluit.” The Catholic Encyclopedia, Vol. 12 -artikel “Pope”, bl. 265
“En God self word
verplig om te bly by die oordeel van sy priester en om óf te vergewe óf nie
te vergewe nie, in ooreenstemming met die priester se besluit om absolusie te
gee al dan nie, met dié voorwaarde dat die boetvaardige daartoe in staat is .” Dignity and Duties of the Priest,
bl. 27, New York: Gebroeders
Benziger, Drukkers vir die Heilige Apostoliese See, 1888
9. Die Rooms-Katolieke
Kerk het ander lasterlike aansprake gemaak deur optredes te onderneem wat slegs
aan God toekom:
Hier
is voorbeelde van die lasterlike aansprake en leerstellings van die
Rooms-Katolieke Kerk:
“Die priester het die mag van die sleutels, of die mag om
sondaars uit die hel te red, of om hulle waardig te maak om in die paradys
opgeneem te word, en om hulle te verander van die slawe van Satan tot die
kinders van God. En God self word verplig om te bly by die oordeel van sy
priesters ... Die Soewereine Meester van die heelal volg slegs die dienaar
deur alles in die hemel te bevestig wat laasgenoemde op aarde besluit het.” Liguori, “Duties
and Dignities of the Priest”, bladsye 27, 28
“Derhalwe mag die priester op ’n sekere manier die skepper
van sy Skepper genoem word, aangesien hy, deur die voordrag van die
wydingswoorde, Jesus as ’t ware in die sakrament skep deur vir hom ’n
sakramentele bestaan te gee en hom as ’n slagoffer aan die ewige Vader te
bied. Die krag van die priester is die
krag van die goddelike persoon; want die transsubstansiasie van die brood
vereis soveel krag as die skepping van die węreld.” St. Bernadine van
Sienna
“Priesters is die verlossers van die węreld.” St. Jerome
Wat
die Rooms-Katolieke Kerk se godslasterlike optredes betref, het hy die mees
lasterlike van alle dade gepleeg – deur die ware wet van God, die Tien Gebooie,
te verander. Die Tweede Gebod het hy
gedurf om heeltemal uit te laat, want dit het sy praktyk en rituele verdoem.
Erger nog: die Kerk het die dag van aanbidding in die Vierde Gebod van Saterdag
na Sondag verander. Dit ten spyte van hierdie ewige goddelike bevel aan Adam
met die Skepping, en God se belofte aan ons: “Ek sal my verbond nie
ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie.” Psalms 89:34.
Die
Tien Gebooie is die enigste deel van die Bybel wat deur God se stem in die teenwoordigheid van
’n gemeente uitgespreek is. En om te verseker dat Moses nie ’n letter daarvan
sou mis nie, het God hulle met Sy eie vinger geskryf en hulle aan Moses
oorhandig. “Die Here
het … al hierdie gebooie duidelik hoorbaar
aan julle hele gemeente gegee … en toe het Hy stilgebly. Daarna het Hy dit op
twee plat klippe geskryf…” Deuteronomium 5:22.
Christus het die ewige
onveranderlikheid van die Tien Gebooie nog verder benadruk toe Hy gesę het: “Tog is dit makliker vir
die hemel en aarde om te vergaan as dat een lettertjie van die wet verval.”
Lukas 16:17.
Die son wat in die hemele skyn, die soliede
aarde waarop u woon, is God se getuies dat Sy wet onveranderlik en ewig is. Sou
hulle verbygaan, dan sou die goddelike bevele nog bly. Christus het verder
bevestig: “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek
het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want voorwaar sę Ek vir
julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan
totdat alles gebeur het.” Matteus 5:17,
18.
Die
Katolieke Kerk is nie beskaamd dat hy die dag van aanbidding verander het nie.
Hy is inderdaad trots daarop, en beskou dit as sy ‘merk’ van gesag en meerderwaardigheid
oor ander kerke en godsdienste.
“Die Sabbat, die
bekendste dag van die wet, is verander tot die dag van die Here. Hierdie
en ander instellings het nie tot ’n einde gekom weens Christus se bevele nie
(want hy sę self: Ek het nie gekom om die wet te vernietig nie, maar om dit te
volbring), maar omdat hulle, danksy die gesag van die kerk, verander is.” Aartsbiskop van
Rheggio, preek op 18 Januarie 1562,
Mansi XXIII, bl. 526
“Die Sondag is ’n Katolieke instelling, en sy aanspraak op
heiligheid kan net uit Katolieke bron verdedig word. In die Heilige Skrif vind
ons van begin tot end nie een enkele teks wat die verplasing van die weeklikse
openbare aanbiddingsdiens van die laaste tot die eerste dag regverdig nie.” Catholic Press,
Sydney, 25 Augustus 1900
“Nęrens in die Bybel word dit gesę dat aanbidding verander
behoort te word van Saterdag na Sondag nie. Die feit is dat die Kerk reeds
verskeie eeue lank bestaan het voordat die Bybel aan die węreld gegee is. Die
Kerk het die Bybel gemaak; die Bybel het nie die Kerk gemaak nie.” Things Catholics Are Asked About, deur Martin
J. Scott, 1927-uitgawe, bl. 136
“Ons heilig Sondag eerder as Saterdag, want die Katolieke
Kerk het die heiligheid van die Sabbat van Saterdag na Sondag verander met die
Raad van Laodicea in die jaar 364 nC.” The
Convert’s Catechism of Catholic Doctrine, van P. Geiermann, die werk van Pous
Pius X, op 25 Januarie 1910
Volgens
die Rooms-Katolieke Kerk is “Sondag” hul duidelike en besondere merk van gesag.
“Sondag is ons merk
van gesag. Die kerk is bo die Bybel, en hierdie oordrag van die heiliging van
die Sabbat is bewys van daardie feit.” The
Catholic Record, London, Ontario, 1 September 1923
“Die Sondagheiliging
van Protestante is hulde wat
hulle, ten spyte van hulself, bring aan
die gesag van die (Katolieke) Kerk.” Plain Talk About the Protestantism of Today, deur Monsignor Segur, bl. 213
“Maar die Protestantse mentaliteit skyn nie te besef dat deur
... die Sondag te eerbiedig ... hulle die gesag
van die segspersoon vir die kerk, die pous, aanvaar nie.” Our Sunday Visitor, Katolieke weekblad, 5 Februarie 1950
“Natuurlik maak die Katolieke Kerk daarop aanspraak dat die verandering sy werk was
... ’n merk van sy kerklike
mag en gesag in godsdienstige
sake.” Kantoor
van Kardinaal Gibbons, via Kanselier C. F. Thomas, 11 November 1895
Volgens
die oorweldigende massa getuienis kan ons beslis tot die slotsom kom dat die
dier in Openbaring 13 en 14 die Rooms-Katolieke Kerk is en dat sy merk (die merk van die dier) Sondagheiliging is.
Hoekom
is hierdie merk so belangrik? Het u ooit ’n dokument onderteken om dit te
bekragtig of sy egtheid te beaam? Het u
ooit u ‘seël van goedkeuring’ aan iets verleen?
Dit is in enige regering verpligtend. Alleenlik deur ’n handtekening kan
’n dokument as eg beaam word. Regeringsverklarings moet altyd ’n amptelike merk
of seël dra. Wat is die kenmerke van hierdie regeringsmerke of -seëls? ’n Amptelike seël of handtekening moet
drie kenmerke dra:
1. Die naam
van die beampte.
2. Die titel
van die beampte.
3. Die gebied
of omvang van sy gesag.
Byvoorbeeld,
wanneer die President van die Verenigde State ’n wetsontwerp onderteken om dit
te bekragtig, moet hy dit soos volg doen: George Washington (naam), President
(titel) van die Verenigde State van Amerika (gebied). Elke dokument moet as
sodanig onderteken word om dit amptelik en wettig te maak.
Wanneer
ons na die Almagtige Skepper kyk, besef ons dat hy ’n Hemelse Koninkryk
het. En die dokument wat die wet van Sy
Koninkryk bevat, is Die Tien Gebooie.
Te midde van die Tien Gebooie sal u die seël van die lewende God vind: “Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is…” Eksodus
20:11.
Let
op na die drie duidelike kenmerke:
1. Naam: DIE HERE (“Ek
is die HERE: dit is my naam” Jesaja
42:8)
2. Titel:
SKEPPER (“die
HERE het ... gemaak”)
3. Gebied:
HEMEL EN AARDE (“Hemel en aarde”)
Dit
is helder duidelik dat die seël van die Skepper gevind word in die Sabbatgebod
van Sy wet. Dit is ’n erkenning van Sy gesag as ons Skepper. Wanneer ons Sy
Sabbat in ere hou, verklaar ons dat ons Hom as ons Skepper erken.
Op
die Sabbat het ons die geleentheid om God as ons Skepper te aanbid. Wanneer ons die dag wat die Heer gekies het
heilig, verkondig ons aan die ganse węreld dat die Skepper van die heelal onse
God is! Die duiwel val die Sabbat aan, want hy wil “soos die Allerhoogste self” (Jesaja
14:14) aanbid word. Die
Skepper vra om u aanbidding op Sy heilige Sabbatdag, en Satan, wat soos die
Skepper wil wees, wil u aanbidding op sy Sondag hę. Watter een sal u kies?
“En heilig my
sabbatte; en hulle sal ’n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat
Ek die HERE julle God is.” Ezekiel 20:20
Die Uitken van die
Beeld van die Dier
12. Wat is dan die beeld van die dier, wat God
ons waarsku om nie te aanbid nie?
Om die beeld van die dier
uit te ken, moet ons eers die twee-horing dier kan identifiseer wat help om die
beeld van die dier te vorm.
“En uit die
aarde het ek ’n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos ’n
lam en het gepraat soos ’n draak. 12 En hy oefen al
die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat
daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is …14 … deur aan die bewoners van die aarde te sę dat hulle ’n
beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword
het. 15 En dit is hom gegee om ’n gees aan die
dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal
gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie. 16 En hy maak dat aan almal, klein en
groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ’n merk op hulle
regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;
17 sodat niemand kan koop of verkoop nie,
behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.”
Openbaring 13:11-12, 14-17
Hierdie twee-horing dier het die
volgende identifiserendemerke:
1. Hierdie dier het ontstaan omtrent toe die
pousdom sy dodelike wond in 1798 toegedien is: “’n
ander dier (wat) opkom” Openbaring
13: 11.
2. Hierdie dier het uit die aarde opgekom, in
teenstelling met die eerste dier wat uit die see verrys het. As ‘see’ baie
mense en nasies verteenwoordig, dan verteenwoordig ‘aarde’ ’n dunbevolkte
gebied. Dus sou hierdie nasie tot vernaamheid verrys in ’n gebied met min
inwoners.
3. Hierdie dier het twee horings soos dié van ’n
lam. Volgens die Bybel verteenwoordig ’n horing mag. “Hy
kom met die glans van die lig, weerligte blits uit sy hand, sy hand so vol
mag.” Habakuk 3:4. Hierdie nasie het
dus twee aparte magte wat afsonderlik van mekaar bestaan. ’n Lam is ook ’n
simbool van Christus; dus kan ons hiervan aflei dat hierdie nasie gegrondves is
op suiwere en edele Christelike beginsels.
4. Hierdie dier spreek egter soos ’n draak; ’n
nasie spreek deur middel van wetgewende en wetlike gesag. Die lam-agtige
horings en drakestem dui op ’n treffende kontras tussen die vreedsame beroepe
en die gebruike van hierdie nasie.
Geagte leser, weereens vra ons: watter nasie voldoen aan hierdie
identifiserende merke? Daar is net een antwoord: die Verenigde State van Amerika.
1. Die Verenigde
State het in omtrent 1798 tot stand gekom:
Slegs een nasie was besig om tot stand te kom toe die pousdom in 1798 sy
mag verloor het. Hierdie profesie dui direk op die Verenigde State. Die VSA is
in 1787 onder die Grondwet as ’n federale republiek gevestig.
2. Die VSA het in
’n dunbevolkte land tot stand gekom: Die VSA het nie in
die Ou Węreld met sy menigte mense gegroei nie, maar in die Nuwe Węreld, met sy
betreklik min inwoners.
3. Die VSA het twee
verskillende magte wat beide op
Christelike beginsels gegrond is: Die VSA het ’n
unieke regeringsvorm waarin kerk en staat vryhede geniet wat deur die Grondwet
gewaarborg is. As gevolg van hierdie regeringswyse, is die VSA inderdaad ’n
Republiek (’n koninkryk sonder ’n koning) en Protestants (kerk sonder ’n pous),
met beide magte heeltemal geskei. Sy lam-agtige eienskappe het die VSA ook ’n
toevlug gemaak vir die vervolgdes en onderdruktes van baie nasies.
“Die Skepper soek u
aanbidding op Sy heilige Sabbatdag, en
Satan, wat soos die
Skepper wil wees, wil u aanbidding op sy Sondag hę.
Watter een kies u?”
4. Die VSA spreek
soos ’n draak: Die grondliggende wet waarop die grondwet van die VSA gebaseer is,
waarborg die individuele reg tot vryheid van gewete. Niks is meer kosbaar of
fundamenteel nie. Tog het die VSA reeds begin, en sal binnekort elke beginsel
van sy Grondwet verwerp. En wat groter betekenis aan hierdie beweging verleen,
is die feit dat die hoofdoelwit die toepassing van Sondagaanbidding is.
’n Optrede van dié aard sou direk
indruis teen die beginsels van hierdie regering, teen die gees van sy vrye
instellings, teen die Onafhanklikheidsverklaring, en teen die Grondwet. Die
Grondwet bepaal: “Kongres sal geen wet
maak wat belang het op die vestiging van ’n godsdiens, of op die verbod op die
vrye beoefening daarvan nie”, en “geen godsdienstige toets sal ooit verwag word
as ’n kwalifikasie tot enige amp van openbare belang in die Verenigde State
nie”.
Die onbestendigheid van hierdie
optrede is nie juis groter as wat in die simbool verteenwoordig word nie. Dit
is die dier met lam-agtige horings – kamtig suiwer en skadeloos – wat as ’n
draak spreek. Bloot net huidige nuusgebeurtenisse en gebeurtenisse wat onlangs
plaasgevind het, bevestig hierdie bybelse beskrywing.
“En ek ondersteun ten
sterkste die geloof-gefundeerde inisiatief wat ons nou voorstel, want ek glo
nie dat dit die streep tussen die skeiding tussen staat en kerk oortree nie, en
ek glo dit gaan Amerika ’n beter plek maak.”
George W. Bush, in ’n verwarde
verwysing na die Instellingsklousule [Establishment Clause], aangehaal van
Conrad Goeringer, AANEWS #889 (28 Februarie 2001) van Amerikaanse Ateďste. Hierdie
stelling val die Grondwet se Regtesmanifes [Bill of Rights] aan, wat ons
regering verbied “rakende ’n godsdienstige instelling”.
“Ons prioriteit is ons geloof.” George W. Bush, Greensboro, Noord-Karolina, 10 Oktober 2000.
Aanhaling van Jacob Weinberg, “The Complete Bushisms”.
“Die eenvoudige boodskap wat deur die nuwe administrasie oorgedra word, is
dat George W. Bush se Amerika ’n Christelike nasie is en dat nie-Christene in
die tent welkom is solank hulle daartoe
instem om hul status as ’n
minderheidsgroep wat bloot verdra word te aanvaar eerder as om volle gelyke
burgers te wees.” Allan
M. Dershowitz, in “Bush Starts Off by Defying the Constitution,” Los
Angeles Times, 24 Januarie 2001.
Profesie gou vervul
13. Dit is duidelik dat die twee-horingdier die
VSA is. Maar wat is die verhouding
tussen die VSA en die beeld van die dier?
Alhoewel die VSA gevestig is op
beginsels wat die pousdom teengestaan het, sien ons vandag hoe die VSA en die
Vatikaan nader saamwerk om hulle invloed meer prominent te maak. Die Bybel sę
vir ons dat die VSA eendag, nie so ver in die toekoms nie, ’n wet sal instel wat eerstens sy burgers, en daarna die węreld, sal
verplig om die eerste dier, die pousdom, te aanbid. “En hy [VSA] oefen al die mag van die eerste dier [pousdom] uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde [eers VSA,
daarna globaal] en die wat daarop woon, die eerste dier
aanbid [die pousdom se Sondag eerbiedig],
waarvan die dodelike wond [1798] genees is [1929] … deur aan die bewoners van die aarde te sę dat hulle ’n beeld moet maak vir die dier [d..w.s.
die pousdom dupliseer toe dit siviele mag gebruik het om godsdienstige dogma af
te dwing] wat die swaardwond ontvang en lewendig geword
het.” Openbaring 13:12, 14.
Binnekort gaan die VSA sy
godsdienstige vryheid prysgee om Sondageerbiediging (die merk van die dier) toe
te pas. Dit beteken dat Protestantse
Kerke die regering sal beheer om hul agenda uit te voer. Wanneer dit
gebeur, sal die VSA dan ’n beeld van die
Rooms-Katolieke Kerk gemaak het waardeur kerk met staat verenig word. Dan sal die VSA “soos
’n draak” spreek en “al die mag van die eerste
dier” uitoefen Openbaring 13:11, 12; hy sal dieselfde gees van
onverdraagsaamheid en vervolging hę as wat deur die eerste dier, die pousdom,
geopenbaar is.
Daarom, terwyl godsdienstige vryheid prysgegee word, sal
vervolging van die andersdenkende minderhede onvermydelik wees, en die
godsdienstige onverdraagsaamheid van die Middeleeue sal herhaal word: “En dit is hom gegee om ’n gees aan die
dier se beeld te gee [Sondagwette instel] … en maak dat almal gedood word wat die dier
se beeld nie aanbid nie [deur Saterdag in plaas van Sondag te eerbiedig]. En hy maak dat aan
almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe
’n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand
kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk [die wat die ware
Sabbat eerbiedig sal verbied word om te koop en verkoop] of die naam van die dier … het.” Openbaring 13:15-17
Sommige sal die merk “op hulle voorhoofde” ontvang omdat hulle gekies het “om die leuen te glo” 2
Tessalonisense 2:11. Andere, alhoewel oortuig dat
Sondag nie die ware Sabbat is nie, sal daarmee
instem om hul bestaan te beskerm en sal as gevolg daarvan die merk “op hulle regterhand” ontvang, wat ’n simbool van werk
is.
14. As bogenoemde waar is, behoort daar bewyse
te wees dat die pousdom tans Sondagopheffing in die VSA nastreef, en dat die
VSA se Protestante (geskiedkundige vyande van Rome) hulle verhouding verander
het en nou gewilligheid toon om saam te werk in die voorskrywing van
Sondagwetgewing. Is daar wel sulke bewyse?
Vandag is die meeste
Protestante goedgesind teenoor die pousdom, en dit het die pousdom aangemoedig
om wetgewing in verband met Sondageerbiediging aggressief na te streef:
“Dit sal goed
wees as alle Amerikaners die President en die Kongres aanspreek om ’n Federale wet in te stel – ’n
Grondwetswysiging, indien nodig – om die (valse) Sabbat te hervestig as ’n nasionale Rusdag.” Artikel, “Sacking Sunday”, in Catholic Twin
Circle, 25 Augustus 1985
“Wat hierdie
saak betref het my voorloper, Pous Leo XIII… gepraat van die Sondagrus as ’n
werker se reg, wat deur die Staat
gewaarborg moet word.” Pous Johannes Paulus II – Dies Domini, 31 Mei 1998
“Derhalwe … sal
Christene natuurlik streef om te verseker dat burgerlike wetgewing hulle plig om Sondag te heilig, respekteer. In
elk geval verplig hul gewete hul om hulle Sondagrus so te reël dat hulle kan
deelneem aan die Nagmaal terwyl hulle hul weerhou van werk en aktiwiteite wat
onversoenbaar is met die heiliging van die dag van die Here …” Pous
Johannes Paulus II, Dies Domini, 31 Mei 1998
“… Christene (oral) behoort erkenning te soek vir Sondae en die
Kerk se heilige dae as wettige vakansies.” Catechism of the Catholic Church, die gewilde en
bepalende uitgawe, 2000, par. 2188
Die meeste Protestantse
leiers in die VSA is gereed om met die Katolieke vrede te maak:
“Hoofde van Amerikaanse Protestante en
Oosters-Ortodokse kerke wat Pous Johannes Paulus II op Vrydag ontmoet het, het
hulle eerste breed-verteenwoordigende bespreking as ’n mylpaal op die weg na
groter eenheid verwelkom … Eerwaarde Donald Jones, ’n Verenigde Metodis en
voorsitter van die Universiteit van Suid-Karolina se departement van
godsdienstige studies, het dit die belangrikste ekumeniese samekoms van die eeu genoem.” Eerwaarde Paul A. Crow Jr., van Indianapolis,
ekumeniese ampsdraer van die Christelike Kerk (Dissipels van Christus) het dit
“’n nuwe dag vir ekumenisme” genoem, wat ’n toekoms open waarin God “ons bymekaar bring.” The Montgomery
Advertiser, 12 September
1987
|